November 2026

Vry13
Sat 14
Son15

Vir die troue van

JJ & Chanté

Saterdag · 14 November 2026

Buite Pietersburg · Limpopo

Jy word hartlik uitgenooi om saam met ons die begin van vir altyd te vier.

53Dae
00Ure
00Minute
00Sekondes

Hoe dit alles begin het

Ons Storie

Van die eerste hallo tot “ja, ek wil” — ’n paar hoofstukke uit ons storie.

  1. Mei 2020

    Die eerste hallo

    My beste vriendin en haar broer het ons aan mekaar voorgestel. Dit was ’n heel gewone voorstelling wat glad nie gewoon gebly het nie — een gesprek, en ek het geweet ek wil nog baie meer daarvan hê.

  2. 13 Junie 2020

    Cradle Moon

    Ons het die wandelpaaie by Cradle Moon Park gestap en gepraat totdat die middag klaar was. Iewers tussen die paaie het ek gevra of sy my meisie wil wees — en sy het ja gesê.

  3. Die jare tussenin

    Vier provinsies, een span

    Vier provinsies, nuwe werk, ’n besigheid wat ons saam gebou het, en meer avonture as wat ons kan tel. Ons het geleer dat enige plek huis is, solank ons saam is.

  4. Die aansoek

    Op een knie in die Drakensberg

    Chanté het so vinnig en so gretig teen die Drakensberg uitgestap dat ek begin wonder het of ek die dag gaan oorleef. So, daar tussen die berge, met my asem heeltemal op, het ek die vraag gevra — en sy het weer ja gesê.

  5. Die volgende hoofstuk

    14 · 11 · 2026

    Ons grootste avontuur begin — en ons wil hê jy moet daar wees.

Saterdag 14 November

Die Dag

Van die geloftes in die middagson tot die laaste dans onder die feeliggies.

Lang tafels met rooi en geel rose, pampasgras, kant en feeliggies
Die aand se gevoel: rose, goiing, kant en kerslig
  1. Gaste arriveer

    Kom betyds, kry ’n koue drankie en kies ’n goeie sitplek.

  2. Die seremonie

    Ons sê “ja” buite op die gras, onder die oop Limpopo-hemel.

  3. Drankies & foto’s

    Klink glase en geniet die goue uur saam met ons.

  4. Onthaal & dinee

    Aan tafel! Kerslig, feeliggies en ’n feesmaal.

  5. Eerste dans & dansvloer oop

    Die oomblik waarvoor ons al maande in die sitkamer oefen — en dan is die vloer joune. Stewels aan, dis tyd om te sokkie!

  6. Totsiens

    Ry veilig huis toe — of kruip in by jou bed naby die venue.

Waarheen

Die Venue

LIMPOPO GAUTENG N N1 Johannesburg Pretoria Bela-Bela Mokopane Polokwane ±320 km · ±3½ uur Tzaneen R71 ±1½ uur Marlo

Illustrasie · nie volgens skaal nie

Venue & pin bevestig

Marlo Packaging

Net buite Pietersburg (Polokwane), Limpopo

Van Johannesburg
±3–3½ uur op die N1-noord
Van Polokwane
±20 minute noord van die stad
Van Tzaneen
±1½ uur op die R71 deur Magoebaskloof
Terrein
Plaas — gras, stof en grondpaadjies
Parkering
Veilige parkering op die perseel
Tolpaaie
Die N1 het tolhekke — hou jou kaart gereed
GPS
-23.9045, 29.4689
Google Maps Waze

Wat om te dra

Kleredrag

Semi-formeel · Country-elegansie

Ons sal dit baie waardeer as ons gaste in die mooi kleure van ons palet aantrek. Dink elegant, ontspanne en romanties, met ’n tikkie country-sjarme.

Wit & ivoornet vir die bruid

Ons kleure — tik op een vir ’n verrassing

Vir haar

Rokke kniehoogte of langer, in enige kleur uit ons palet — blommerig of effe. Ons vra net vriendelik: geen wit, ivoor of bruidskleure nie; daardie kleure is vir die bruid.

Vir hom

Dink slim country: chinos of ’n netjiese langbroek, ’n knoophemp, en ’n baadjie of kolbert as jy wil. Netjiese stewels is welkom. Netjies, ontspanne en stylvol.

Goed om te weet

Die seremonie is buite op ’n plaas — verwag gras, ’n bietjie stof en grond. Los die naaldhakke dus by die huis; plat skoene, blokhakke of stewels is jou beste vriend. November in Limpopo is warm (±27 °C) met ’n kans op ’n middagdonderstorm, so bring ’n tjalie vir die aand.

Kom mooi aangetrek, gemaklik, en reg om saam met ons te vier!

’n Bietjie troue, ’n bietjie country

Bly oor

Verblyf

Maak ’n naweek daarvan! Ons stuur binnekort ’n lys van verblyf in die omgewing — en daar is klaar baie opsies in Polokwane.

±20–30 min

Verblyf in Polokwane

Daar is baie keuses in die stad — hotelle, gastehuise, B&B’s en Airbnb’s, naby restaurante en winkels. Bespreek gerus solank, want November is ’n besige maand.

Beskikbaar om nou te bespreek
Volg binnekort

Ons lys van opsies

Ons stel ’n lys van verblyf naby die venue saam en deel dit hier sodra dit gereed is. Hou die bladsy dop, of stuur ons ’n boodskap as jy vroeg wil bespreek.

Besonderhede volgVra ons
Vervoer

Uber en Bolt is skaars buite die stad. Reël ’n aangewese bestuurder of deel ’n rit met vriende — en ry versigtig op die plaaspaaie in die donker.

Geskenke

Met Liefde

Jou teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk. As jy ons nogtans wil verwen, sal ’n bydrae tot ons wittebroodpotjie opreg waardeer word — dit help ons om ons wittebrood te geniet en om ons nessie saam reg te skrop.

Vra ons vir besonderhede

Julle vrae

Vrae & Antwoorde

Wanneer moet ek RSVP?
Asseblief voor 20 Oktober 2026, sodat ons die spyseniers en sitplekke kan finaliseer. Dit vat net ’n minuut — RSVP hier.
Mag ek iemand saambring?
Die uitnodiging geld vir die name wat daarop verskyn. Ons hou die dag klein en intiem, maar as jy graag iets wil reël, laat ons asseblief weet — ons gesels met plesier.
Is kinders welkom?
Ons hou ons troue klein en intiem, daarom is die uitnodiging vir die name wat daarop verskyn. As jy graag iets wil reël, kontak ons gerus — ons sal kyk wat ons kan doen.
Is daar ’n kroeg?
Daar is nie ’n kroeg nie — bring gerus jou eie drankies saam. Ons sorg vir sap, water en natuurlik sjampanje vir die heildronk.
Mag ek foto’s neem?
Tydens die seremonie vra ons ’n foonvrye oomblik — ons fotograaf het jou gedek. Daarna: knip weg en deel met #JJenChante2026!
Wat as dit reën?
Geen stres nie — daar is ’n plan B onder dak. Die partytjie gaan voort, reën of sonskyn.
Ek het ’n dieetvereiste
Stuur ons gerus ’n WhatsApp daaroor, dan sorg ons dat jy lekker eet. Stuur ’n boodskap
Wie kan ek kontak?
Stuur vir ons ’n WhatsApp — ons help graag. Stuur ’n boodskap

Antwoord asseblief voor 20 Oktober 2026

RSVP

Sal julle daar wees?

Stuur my RSVP op WhatsApp

Kies eers of julle kan kom.